Skip to content

Rugby: Opdraande stryd vir Baba-Bokke môre teen Nieu-Seeland

# Rugby: Suid-Afrika se kanse is skraal om die Onder-20 Rugbykampioenskap te wen. Hulle speel môre in Gqeberha teen Nieu-Seeland in die laaste ronde en het minstens ’n bonuspunt-oorwinning nodig, terwyl hulle ook moet hoop dat Argentinië vir Australië klop. Die Baba-Bokke het hul eerste wedstryd teen die jong Pumas gewen, maar daarna ’n voorsprong van 17 punte teen die jong Wallabies verspil en 29–24 verloor. Argentinië sal moet herstel ná Dinsdag se vernederende nederlaag van 75–21 teen die Baby Blacks.