# Tennis: Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, keer vandag terug na sy opkikker-skorsing van drie-maande wanneer hy teen die Argentyn Mariano Navone speel in sy tuistoernooi, die Italiaanse Ope. Carlos Alcaraz het gister sy veldtog vir ‘n eerste titel in Rome afgeskop met ‘n maklike oorwinning oor die Serwiese kwalifiseerder Dusan Lajovic. Die Spanjaard is terug nadat hy verlede maand beseer is toe hy in die eindstryd van die Barcelona Ope teen Holger Rune verloor het. Alcaraz het ‘n bietjie verroes gelyk, met 22 ongedwonge foute.
Tennis: Sinner keer terug, Alcaraz wen na sy besering in Barcelona