# Die Gautengse Etiekadviesraad het bevind dat meer as 150 amptenare in die provinsiale regering sake met die staat doen, ondanks die feit dat dit ‘n strafregtelike oortreding is. Die raad, wat in 2017 in die lewe geroep is en oorsig en integriteit in die provinsiale regering bevorder, het sy tweejaarlikse verslag oor die stand van etiek gister bekendgemaak. Die raadsvoorsitter, Solomuzi Mabuza, sê die meeste van die klagtes aan departemente gaan oor aanstellingsonreëlmatighede, wanadminstrasie, korrupsie, verkrygingsonreëlmatighede en onetiese gedrag.
Verslag bevind meer as 150 Gautengse staatsamptenare doen sake met die staat [KLANK]
ENG MabuzaOnInvestigations