# Sokker: Manchester United kom op 21 Mei teen Tottenham Hotspurs in die eindstryd van die Europaliga in Bilboa, Spanje te staan. Twee doele deur Mason Mount van United, wat met een doel agter was, het aan sy span die oorwinning van 4-1 teen Athletic Club besorg in hulle tweede halfeindstryd-ontmoeting op Old Trafford. United het met 7-1 volgens doelgemiddelde gewen. Tottenham het deurgedring na hulle eerste Europese eindstryd in ses jaar deur Bodø/Glimt met 2- 0 te klop. United se bestuurder, Ruben Amorim sê dit is baie spesiaal om die eindstryd te haal:
Sokker: Dit is Man United teen Tottenham in die Europaliga-eindstryd [KLANK]
ENG AmorimOnGame