Skip to content

Geen pous nog gekies na eerste stemming van die kardinaalsvergadering

# Swart rook het gisteraand uit die skoorsteen van die Sistynse Kapel geborrel wat aandui dat die eerste stemming by die kardinaalsvergadering sonder die verkiesing van ‘n pous afgeloop het. Altesaam 133 kardinale van oral in die wêreld het ‘n eed van geheimhouding aan die begin van die vergadering afgelê wat sestien dae na die dood van die pous begin het. Van vandag af sal twee verkiesings in die oggend en twee in die middag gehou word totdat minstens 89 kardinale dieselfde naam kies. Die vergadering wat pous Franciskus in 2013 gekies het, het twee dae geduur.