# Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie betwis die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, se bewering dat 90-persent van openbare skole in ‘n goeie toestand is. Sadou se woordvoerder, Nomusa Cembi, voer aan baie skole ondervind steeds beduidende infrastruktuurprobleme, insluitend onvoldoende toiletgeriewe en klaskamers. Cembi het in ‘n onderhoud met SABC News beklemtoon hierdie uitdagings weerspreek Gwarube se oordeel en het die voortdurende kommer oor die toestand van skoolgeriewe regoor die land uitgelig:
Sadou betwis minister Gwarube se bewerings oor infrastruktuur by skole [KLANK]
ENG-CembiOnSchools