# Die Departement van Gesondheid van Gauteng het verlof tot appèl verkry teen ’n uitspraak van die Hooggeregshof in Johannesburg. Dit volg nadat die hof die departement se versuim om bestralingsdienste aan byna drie-duisend-kankerpasiënte te lewer as onregmatig en ongrondwetlik verklaar het. Die uitspraak in Maart het die departement beveel om die waglys op te dateer en binne 45 dae ’n behandelingsplan te implementeer. Woordvoerder Motalatale Modiba sê die appèl sal geleentheid bied vir ’n omvattende regsbeskouing van die kwessies wat in die uitspraak gemeld is:
Departement van Gesondheid in Gauteng kry verlof tot appèl teen hofuitspraak oor bestralingsdienste [KLANK]
ENG-ModibaOnAppeal