Skip to content

MK-party vra leefstyloudits van regters en verklaring van hul bates

# Die MK-party vra dat leefstyloudits en die verklaring van bates onmiddellik ingestel word vir alle lede van die regbank. Die party sê Suid-Afrika kan nie bekostig om ‘n regbank te hê wat beskerm word teen dieselfde deursigtigheid wat verwag word van ander staatsinstellings nie. Die MK-party sê burgers verdien om te weet wie befonds sekere regters se weelderige leefstyl, hoe versamel sommige onverklaarbare rykdom op openbare salarisse en of regterlike beslissings ooit beïnvloed word deur verhoudings of finansiële belange.