# Die Katolieke kardinale wat bymekaargekom het vir die kardinaalsvergadering om ‘n nuwe pous te kies, het ‘n beroep gedoen vir ‘n wapenstilstand en vredesonderhandelinge sonder voorwaardes in Oekraïne en die Midde-Ooste. Hulle het ‘n opregte beroep op alle betrokke partye gedoen om so gou moontlik ‘n permanente wapenstilstand te bereik en sonder voorwaardes te onderhandel vir langtermynvrede. Die kardinale het die verklaring uitgereik na die laaste van hul voorbereidingsvergaderings by die Vatikaan in die aanloop tot môre se kardinaalsvergadering om ‘n nuwe pous te kies.
Katolieke kardinale pleit vir wapenstilstand en vredesonderhandelinge in Oekraïne en die Midde-Ooste