# Die ANC in die Parlement sê die DA se hofaansoek teen die Wysigingswet op Gelyke Indiensneming is ‘n regstreekse aanval op die vordering wat gemaak is met die bou van ‘n regverdiger en billiker samelewing. Die Hooggeregshof in Pretoria hoor vandag die aansoek aan. Die party betoog die wet diskrimineer onbillik en ongrondwetlik. Die ANC se hoofsweep, Mdumiseni Ntuli, sê in die Wes-Kaap, waar die DA regeer, is die instelling van die wet aansienlik stadiger as dié van nasionale staatsdepartemente, wat die party se weerstand teen betekenisvolle verandering onderstreep.
ANC sterk gekant teen DA se aansoek teen Wysigingswet op Gelyke Indiensneming