# Motorsport: Alpine se Formule Een-span oorweeg skynbaar om Jack Doohan uit die komende Emilia-Romagna Grand Prix op Imola in Italië te laat. Die 22-jarige groentjie het nog nie vanjaar enige punte behaal nie. Die Australiër is gedwing om aan die Miami Grand Prix te onttrek ná ‘n botsing met Liam Lawson van Racing Bulls. Pierre Gasly het ál Alpine se sewe punte tot dusver vanjaar aangeteken. Die reserwebestuurder, Franco Colapinto, sal Doohan volgens berigte vervang. Hy het verlede jaar in nege wedrenne vir Williams gejaag.
Motorsport: Alpine oorweeg skynbaar om Jack Doohan uit te laat