# Die Vereniging van Staatsamptenare sê hulle is bekommerd oor die voortdurende seksuele wangedrag deur opvoeders in Suid-Afrikaanse skole, en die mislukking van bestaande wetgewing om leerders te beskerm. Claude Naiker van die vereniging sê onlangse verslae het beduidende leemtes in die wetgewende raamwerk uitgelig wat oortreders toelaat om steeds in die onderwyssektor te bly, wat leerders in gevaar stel. Hy sê skole moet veilige hawens wees waar kinders kan leer en groei sonder vrees vir mishandeling:
Staatsdiensvakbond vra geïntegreerde regsraamwerk vir seksuele wangedrag in onderwys [KLANK]
ENG ClaudeonEducation