# Die Afrika- Media en Kommunikasie-forum het diep kommer uitgespreek oor die gebrek aan vordering met die ondersoek na die vermiste joernalis, Sibusiso Aserie Ndlovu, en sy lewensmaat, Zodwa Mdhluli. Die paartjie is laas op 18 Februarie in Mpumalanga gesien. Die forum se voorsitter, Elijah Mhlanga, sê die forum en die Nasionale Persklub bied ‘n gesamentlike beloning van 100-duisend-rand aan vir inligting oor waar hulle tans is. Hy het ook die owerhede versoek om die soektog te verskerp.
Afrika- Media en Kommunikasie-forum hernu dringende versoek om vermiste joernalis en lewensmaat te vind