# Olimpiese Spele: Die voormalige Amerikaanse swemmer, Gary Hall Junior, het beloof om sy tien Olimpiese medaljes beter op te pas nadat dit verwoes is tydens die onlangse veldbrande in Los Angeles. Hy was verheug nadat die Internasionale Olimpiese Komitee dit vervang het. Die voormalige president van die IOK, Thomas Bach, het die medaljes oorhandig tydens ‘n seremonie in Lausanne, Switserland. Die 50-jarige Hall het vyf goue medaljes, drie silwer en twee brons ingepalm tydens die Spele in Atlanta in 1996, in Sydney in 2000 en vier jaar later in Athene.
Olimpiese Spele: IOK vervang voormalige swemmer se tien medaljes wat in LA-brande verwoes is