# Krieket: Die voormalige Australiese kaptein Tim Paine het die Protea-bouler Kagiso Rabada gekritiseer omdat hy ‘persoonlike kwessies’ as ‘n verskoning gebruik het toe hy die Indiese Premierliga verlaat het weens ’n voorlopige skorsing oor die gebruik van ’n ontspanningsdwelm. Hy het tydens vanjaar se SA20 positief getoets. Paine sê Rabada het eintlik sy kontrak met die sport oortree en eis besonderhede oor die tipe middel, die duur van die skorsing, en wie dit opgelê het. Daar word verwag dat Rabada vir die Gujarat Titans sal speel na sy onlangse terugkeer na Indië.
Krieket: Paine dring aan op besonderhede oor Rabada se voorlopige skorsing