Skip to content

Sokker: Trent Alexander-Arnold verlaat Liverpool aan die einde van die seisoen

# Sokker: Trent Alexander-Arnold het aangekondig dat hy sy jeugklub Liverpool na 20 jaar gaan verlaat wanneer sy kontrak aan die einde van die seisoen verstryk. Hy sê dit is die moeilikste besluit van sy lewe. Die 26-jarige Engeland-verdediger wat Liverpool gehelp het om vanjaar die Premierliga te wen, word sterk verbind met ‘n gratis skuif na Real Madrid toe. Hy het sy senior debuut in 2016 gemaak en het tot dusver 352 wedstryde vir die Reds gespeel en 23 doele aangeteken.