Skip to content

Tshwane Metropolisie vra publiek om verantwoordelik te bestuur

# Die Tshwane Metropolisiedepartement vra die publiek om altyd verantwoordelik te bestuur en die nodige veiligheids-voorsorgmaatreëls te tref. Die Metropolisie het die naweek 28 mense in hegtenis geneem tydens afsonderlike dronkbestuursoperasies in Mamelodi en Winternest. Verskeie boetes is ook uitgereik. Woordvoerder Isaac Mahamba sê dronkbestuur is baie onverantwoordelike gedrag wat onskuldige lewens in gevaar kan stel en noodlottige ongelukke kan veroorsaak.