# President Cyril Ramaphosa sê die regering het die afgelope 31 jaar beduidende vordering gemaak om arbeidswette te verbeter en werkers se regte te beskerm. Hy sê in sy weeklikse nuusbrief die land se arbeidswette is deel van ‘n poging om die strukturele ongelykheid van apartheid te oorkom. Ramaphosa sê die stimulering van ekonomiese groei en werkskepping en die beskerming van werkers is noodsaaklik vir mekaar. Hy sê die jongste verslag van die Kommissie vir Gelyke Indiensneming toon dat baie meer werk nodig is om die rasgebaseerde ongelykhede in die ekonomie te beëindig.
Ramaphosa sê regering sal voortgaan om arbeidswette te gebruik om verlede reg te stel