# President Donald Trump het die Gevangenisowerheid opdrag gegee om die Alcatraz-tronk te heropen en uit te brei sodat Amerika se mees gewetenlose en gewelddadige misdadigers daar gehuisves kan word. Alcatraz was berug as een van Amerika se ergste tronke. Dis in 1963 gesluit en is nou ‘n toeriste-aantreklikheid. Trump het op Truth Social gesê die land sal nie langer gyselaar gehou word deur misdadigers, boewe en regters wat bang is om hulle werk te doen en toelaat dat misdadigers die land onwettig binnekom nie.
Trump wil Alcatraz heropen om gewetenlose en gewelddadige misdadigers aan te hou