Skip to content

Sewe sterf in toerbusbotsing naby Yellowstone Nasionale Park

# Sewe mense is dood in ’n botsing tussen ’n toerbus en ’n Chevy-bakkie naby Yellowstone Nasionale Park. ‘n Verdere agt ander is beseer toe die bakkie en die bus wat 14 toeriste vervoer het, op ’n snelweg in Oos-Idaho, sowat 25 kilometer van Yellowstone se ingang gebots, en aan die brand geslaan het. Die pad was vir sewe uur gesluit terwyl noodspanne die slagoffers behandel en die ongelukstoneel opgeruim het. Yellowstone is Amerika se oudste nasionale park en beslaan byna vyf-duisend-600 vierkante kilometer. Omtrent vier-miljoen-toeriste, met die meerderheid tussen Mei en September, besoek jaarliks die park.