# Motorsport: Kimi Antonelli van Mercedes het Vrydag eerste gekwalifiseer vir die Miami Grand Prix se snelwedren met die vinnigste ronde van een-minuut-26.482-sekondes. Oscar Piastri en Lando Norris van McLaren is tweede en derde. Die 18-jarige nuweling, wat eers in Januarie sy rybewys gekry het, het verlede maand F1-geskiedenis gemaak toe hy die jongste bestuurder geword het om in ‘n wedren voor te loop, en daarmee Max Verstappen se rekord van 2016 in Japan verbeter.
Die kampioenskapvoorloper, Piastri van McLaren, was vroeër die vinnigste in die eerste oefensessie vir Sondag se Grand Prix. Die Australiër se ronde van een-minuut-27.18-sekondes was 0,56-sekondes vinniger as Charles Leclerc van Ferrari, met Max Verstappen van Red Bull derde vinnigste. Die Britse jaer Oliver Bearman van Haas het getol en in die versperrings van draai 12 vasgejaag. Die daaropvolgende rooi vlag het ‘n einde gebring aan die enigste oefensessie van die naweek.