# Mense in Nigerië kan toegang tot Facebook en Instagram verloor nadat die moedermaatskappy, Meta gesê het hulle staar groot boetes en onrealistiese regulatoriese eise van die Nigeriese owerhede in die gesig. Verlede jaar het drie Nigeriese toesig-agentskappe die Amerikaanse sosialemediareus met meer as 5,3-miljard-rand beboet vir die oortreding van verskeie wette en regulasies. Meta was onsuksesvol met ‘n onlangse poging om die beslissings in die Federale Hooggeregshof in Abuja te betwis.
Meta dreig om Facebook in Nigerië af te sny oor groot boetes