# Prins Harry het sy appèl verloor om sy volle Britse polisiebeskerming te herstel wanneer hy Brittanje besoek. Hy het aangevoer sy gesin is in gevaar. Harry is al vir jare in ‘n regsgeding gewikkel sedert die Britse regering sy sekerheidstatus afgradeer het toe hy as senior lid van die koningshuis bedank en na die buiteland verhuis het. Hy was nie tydens die uitspraak in die Londense Appèlhof teenwoordig nie, waar regter Geoffrey Vos die appèl van die hand gewys het. Die regter het gesê die hertog se “gevoel van onreg” is nie ‘n geldige regsargument nie.
Prins Harry verloor appèl om polisiebeskerming te herstel wanneer hy Brittanje besoek