# Die Europese Unie het ‘n mylpaal-saak teen Britanje by die wêreld se oudste arbitrasiehof oor post-Brexit regte gewen om sandpalings, klein vissies wat in die Noordsee voorkom, te vang. Die saak by die Permanente Hof van Arbitrasie in Den Haag is beskou as ‘n aanduiding van moontlike toekomstige hofsake tussen Londen en Brussel in ‘n bedryf wat reeds baie spanning veroorsaak. Dit is ook die eerste hofgeveg oor handel tussen die 27-lede groep en Brittanje sedert die Verenigde Koninkryk die EU in 2020 verlaat het.
EU wen mylpaal saak teen Britanje oor visvangregte