# Die Britse komediant en akteur Russell Brand het vandag in ‘n Londense hof verskyn op vyf aanklagte van verkragting en ander seksuele oortredings. Die 49-jarige het internasionaal bekend geword as die man van popster Katy Perry nadat hy ‘n loopbaan in Brittanje gesmee het met sy gewaagde komedie-optredes. Brand het net gepraat om sy besonderhede te bevestig voordat hy beveel is om weer op 30 Mei in die hof te verskyn. Brand staan tereg op twee aanklagte van verkragting, twee van seksuele aanranding en een van onsedelike aanranding.
Britse akteur Russell Brand verskyn in die hof op verkragtingsaanklagte