# Die Spesiale Ondersoekeenheid gaan die Theewaterskloof-munisipaliteit ondersoek nadat daar byna twee jaar na die Wes-Kaapse vloede nie rekenskap gegee kan word van 41-miljoen-rand nie. Die fonds wat bedoel was vir vloedherstelprojekte, is glo vir ander doeleindes aangewend. Die burgemeester Lincoln de Bruyn, het die wanaanwending bevestig en dit aan vorige finansiële uitdagings toegeskryf. Die provinsiale regering eis antwoorde met die plaaslike owerheid wat bewerings van ernstige finansiële wanbestuur in die gesig staar.
SOE ondersoek vermiste R41-miljoen by Theewaterskloof-munisipaliteit