# Die Vereniging vir Staatsamptenare is woedend oor die Gautengse regering se buitensporige besteding op die huur van kantoorruimte vir provinsiale departemente. Die LUR vir Infrastruktuurontwikkeling, Jacob Mamabolo het onlangs onthul dat 34-miljoen-rand per maand op die huur van kantore bestee word, ondanks die feit dat die provinsiale regering 41 geboue wat leegstaan besit. Claude Naiker van die vereniging sê die verkwistende uitgawe is onaanvaarbaar veral omdat die geld beter aangewend kan word om openbare dienste en infrastruktuur te verbeter:
Staatdiensvakbond veroordeel Gauteng regering se verkwistende uitgawes op kantoorhuur [KLANK]
ENG ClaudeonRentals