# Sokker: Paris Saint-Germain het ‘n oorwinning van 1-0 teen Arsenal behaal in die eerste ronde van die Kampioeneliga-halfeindstryd by die Emirates in Londen. Ousmane Dembele se doel in die eerste helfte het die verskil tussen die twee spanne gemaak. PSG het vyf van hul laaste sewe weg-uitklopwedstryde in die kompetisie gewen. Arsenal reis na Frankryk vir hulle tweede wedstryd teen PSG volgende Woensdag by die Parc des Princes. Vandag pak die vyfmalige kampioene, Barcelona, Inter Milan in hulle eerste halfeinstryd-ontmoeting.
Sokker: PSG klop Arsenal in die eerste ronde van die Kampioeneliga se halfeindstryd