Skip to content

Tennis: Medvedev en Sabalenka deur na kwarteindronde in Madrid, maar Zverev is uitgeskakel

# Tennis: Die Argentyn, Francisco Cerundolo, het die topgekeurde Alexander Zverev van Duitsland verslaan om die Madrid Ope se kwarteindronde te haal. Die negende gekeurde Rus, Daniil Medvedev, is deur na die laaste agt nadat hy met die Amerikaner, Brandon Nakashima, afgereken het. Casper Ruud van Noorweë het die Amerikaner, Taylor Fritz geklop. In die vroueafdeling is die wêreld-nommer-een, Aryna Sabalenka van Belarus, deur na die kwarteindronde ná ʼn sege oor Peyton Stearns van Amerika.