# Fietsry: Die Giro d’Italia gaan tydens die laaste skof van vanjaar se wedren aan wyle Pous Franciskus hulde bring. Volgens ‘n aankondiging voor die Pous se dood op 21 April, sal die Giro vanjaar vir die eerste keer in sy geskiedenis, op 1 Junie deur die Vatikaan ry. Die 108ste Giro begin op 9 Mei in Albanië. Die Giro is saam met die Tour de France en die Vuelta a Espana, een van fietsry se belangrikste drie-week-wedrenne.
Fietsry: Giro d’Italia bring hulde aan Pous Franciskus