Skip to content

Gautrein bied gratis heen-en-weer-diens aan vir besoekers na Lugmagmuseum se lugskou

# Gautrein sal Saterdag ’n gratis midibus heen-en-weer-diens aanbied vanaf Centurion-stasie na die Suid-Afrikaanse Lugmagmuseum se lugskou by die voormalige lugmagbasis Swartkop. Die busdiens sal van 6-uur die oggend tot 7uur die aand beskikbaar wees vir kaartjiehouers wat die lugvaarttentoonstelling bywoon. Die pretvoorwedloop tussen ’n Gautrein en ’n Alouette II-helikopter begin vandag. Gautrein doen ’n beroep op besoekers om slim en veilig te reis.