# Viëtnam gaan meer as agt-duisend gevangenes, insluitend buitelanders, vrylaat voor die 50ste herdenking van die val van Saigon. Die kommunistiese land kondig dikwels spesiale amnestie aan voor belangrike gebeurtenisse. Daar is sedert 2009 byna 100-duisend gevangenes vrygelaat voor hul verwagte vrylatingsdatums, hoewel politieke aktiviste nog nooit ingesluit is nie. Diegene wat skuldig bevind is aan “poging om die kommunistiese regering omver te werp” of “terrorisme” kom nie in aanmerking vir vrylating nie. Die aangehoudenes sal van Donderdag af vrygelaat word en 25 buitelanders van nege verskillende lande insluit.
Viëtnam gaan 8 000 gevangenes vrylaat voor 50ste herdenking van val van Saigon