Skip to content

Kouefrontwaarskuwing vir Wes-Kaap en Namakwa

# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ’n kouefrontwaarskuwing uitgereik vir die Wes-Kaap en suidelike Namakwa, wat van vandag tot Vrydag van krag sal wees. Volgens die weerdiens sal ’n hoëdrukstelsel koue tot baie koue, nat en winderige toestande meebring oor die Kaapse Wynlande, Sentraal-Karoo, Klein-Karoo en suidelike Namakwaland. Die publiek en kleinvee-boere word aangemoedig om veiligheidsmaatreëls teen die koue te tref.