Skip to content

Rugby: SA Rugby en Spur hernu verbintenis vir verdere vier jaar

# Rugby: SA Rugby het sy vennootskap met Spur Steak Ranches vir ‘n verdere vier jaar hernu. Die borgskap het in 2022 begin. Uitvoerende hoof van SA Rugby, Rian Oberholzer, sê Spur, as ’n ikoniese en geliefde plaaslike handelsmerk, se verbintenis met die groen en goud is een wat gesmee is in die Suid-Afrikaanse aard van albei handelsmerke. Hoofbemarkingsbeampte van Spur, Vuyo Henda, sê hulle is veral trots om die ondersteuning uit te brei na die vroue- en junior spanne, om opkomende sterre te vier en die volgende generasie te inspireer.