# ʼn Pretoriase regsfirma, Gert Nel Prokureurs, daag die Gautengse Hooggeregshof-bevel uit wat bemiddeling voor siviele verhore verpligtend maak. Volgens die bevel, wat daarop gemik is om agterstande in howe te verlig, moet bewyse van bemiddelingspogings getoon word voordat hofdatums toegeken word. Die firma voer aan regterpresident Dunstan Mlambo oorskry sy gesag en maak inbreuk op gedingvoerders se grondwetlike reg op toegang tot howe. Die regsfirma se hoof, Gert Nel, sê dit plaas ‘n onregverdige las op klaers, veral wat Padongelukkefonds-sake betref. Die firma daag die bevel in die Konstitusionele Hof uit.
Pretoriase regsfirma daag verpligte bemiddelingsbevel uit in Konstitusionele Hof