Skip to content

Kanada se Liberale Party gaan volgens aanduidings die verkiesing wen

# Kanada se Liberale Party, onder leiding van eerste minister Mark Carney, gaan volgens aanduidings die land se federale verkiesing wen. Die meerderheid stemme in talle belangrike kiesdistrikte is egter te klein om te bepaal of die party ʼn meerderheidsregering gaan hê of weer ʼn minderheid soos na die afgelope drie verkiesings. Carney, ʼn voormalige bankier, het in Maart eerste minister geword nadat Justin Trudeau bedank het. ʼn Rekord 7,3-miljoen mense het reeds voor stemdag hul kruisies getrek wat 25-persent meer is as in 2021 se federale verkiesing.