# Padwedlope: Die 45ste Londen-marathon wat Sondag gehou is, het ‘n nuwe wêreldrekord opgelewer vir die meeste deelnemers wat die eindstreep oorgesteek het, met ‘n totaal van 56-duisend-640. Die vorige rekord was 55-duisend-646 by die New York-marathon. Die geleentheid het ook rekordskares gelok, met 800-duisend mense wat die atlete aangemoedig het – sowat 60-duisend meer as gewoonlik. Die Keniaan, Sebastian Sawe het die manswedloop gewen terwyl die Ethiopiër Tigist Assefa die vrouewedloop, met ‘n nuwe wêreldrekord van twee uur, 15-minute en 50-sekondes.
Padwedlope: Londen-marathon oortref rekord vir die meeste deelnemers oor die eindstreep