Skip to content

Tennis: Elektroniese lynbeslissing weer in spervuur nadat Zverev foto neem van merk van bal

# Tennis: Alexander Zverev glo daar was ‘n fout met die elektroniese stelsel vir lynbeslissings tydens sy oorwinning in die Madrid Ope op Sondag. Die Duitser kon ‘n stewige boete ontvang nadat hy sy foon uitgehaal vir ‘n foto van ‘n betwiste beslissing. Hy was ontevrede toe die tegnologie getoon het ‘n rughandhou van sy teenstander was wel in. Zverev sê hy is ‘n aanhanger van die tegnologie maar was geskok deur die voorval in Madrid. Die ATP het vanjaar die lynbeslissingstelsel vir al sy toernooie ingestel.