# Atletiek: Elroy Gelant het Sondag die 31 jaar oue Suid-Afrikaanse marathonrekord in Hamburg, Duitsland, verpletter. Gelant was vierde in die Hamburg-marathon en het die 42,2kilometer in 2-uur-5-minute-en-36-sekondes voltooi. Die 38-jarige Gelant, ‘n voormalige SA-rekordhouer in die vyfduisend-meter, het die rekord wat Gert Thys in 1999 in Tokio opgestel het met byna ‘n minuut verbeter. Gelant het ook sy persoonlike beste tyd verbeter en vir die marathon op die Wêreld-atletiekkampioenskappe in September in Tokio gekwalifiseer.
Atletiek: Gelant verpletter SA marathon-rekord in Hamburg