Skip to content

Elf sterf toe voertuig in skare inploeg op Vancouver-straatfees

# Elf mense is in Vancouver, Kanada, dood toe ‘n voertuig by ‘n straatfees tussen ‘n skare ingeploeg het. Die polisie sê ‘n 30-jarige inwoner van Vancouver wat aan hulle bekend is, is op die toneel in hegtenis geneem nadat omstanders ingegryp het. Die woordvoerder van die Vancouver-polisie, Steve Rai, sê tientalle mense is beseer, van wie verskeie ernstig, en die dodetal kan styg. Hy het dit beskryf as die donkerste dag in die stad se geskiedenis, maar sê hy glo werklik nie die voorval was ‘n terreurdaad nie.