# Rugby: Quewin Nortjé, Ronald Brown en Mfundo Ndhlovu keer terug na die Springbok-sewesspan vir volgende naweek se wêreldreeks-toernooi in Los Angeles, Amerika. Die trio het onlangse toernooie gemis weens beserings. Hulle vervang Donavon Don en Dewald Human, wat in Singapoer beseer is, en Sebastiaan Job, wat ‘n skorsing uitdien. Hoofafrigter Philip Snyman sê hulle sal die span versterk aangesien al drie wedstrydwenners is. Die Blitsbokke is tans vierde op die punteleer na Argentinië, Fidji en Spanje.
Rugby: Drie spelers is terug by die Blitsbokke vir die LA-toernooi