# Gholf: Samesprekings duur voort om die tegnologie-gedrewe liga van Tiger Woods en Rory McIlroy, die TGL Golf-liga, uit te brei om ‘n vroueliga in te sluit. Dit is volgens die uitvoerende hoof van TMRW Sports, Mike McCarley, wat die TGL saam met Woods en McIlroy gestig het. Die liga bestaan op die oomblik uit ses vierman-spanne, insluitend 12 van die wêreld se voorste 20 manspelers. McCarley sê daar is ‘n goeie geleentheid om die Vroue-beroepsgholfvereniging se sterre in te sluit, iets waaraan hulle hard werk.
Gholf: TGL kyk na die insluiting van vrouespelers