Skip to content

Atletiek: Gift Leotlela is die nuwe SA 100-meter kampioen

# Atletiek: Die naelloper Gift Leotlela het die mans 100-meter titel verower op Suid-Afrika se senior kampioenskap in Potchefstroom. Hy het die wêreld-junior-kampioen en Olimpiese silwermedaljewenner Bayanda Walaza met slegs 0,01-sekonde geklop en in 9,99-sekondes klaargemaak. Walaza was tweede op presies 10 sekondes, en Benjamin Richardson het die derde plek ingeneem in 10,05-sekondes. Leotlela en Walaza het albei nou gekwalifiseer vir die 100-meter wedloop op die Wêreld-Atletiekkampioenskap in Tokio in September.