# Tennis: Die wêreld-nommer-twee, Carlos Alcaraz, hoop om fiks te wees om sy Franse Ope-titel te verdedig. Die Spanjaard het gister aan sy tuistoernooi in Madrid onttrek weens ‘n dyspier- en ‘n liesbesering wat hy opgedoen het tydens sy nederlaag teen Holger Rune van Denemarke in die eindstryd van die Barcelona Ope. Alcaraz sê hy sal volgende week verdere mediese toetse ondergaan en sal dan weet hoe lank hy buite aksie sal wees. Die Franse Ope, die kleibaan Grand Slam-toernooi, begin die 25ste van volgende maand in Parys.
Tennis: Alcaraz hoop om fiks te wees om sy Franse-Ope titel te verdedig