Skip to content

Sokker: SuperSport bekom uitsaairegte vir Klubwêreldbekertoernooi

# Sokker: SuperSport het aangekondig dat hy die uitsaairegte vir die Klubwêreldbekertoernooi bekom het vir Afrika suid van die Sahara. Die uitsaaier sal al 63 wedstryde regstreeks uitsaai. Die toernooi sal vanaf 14 Junie tot 13 Julie in Amerika plaasvind en sal die wêreld se 32 beste klubs insluit. Mamelodi Sundowns van Suid-Afrika is een van die vier spanne uit Afrika wat deelneem. Hulle is in Groep F ingedeel saam met Fluminense FC van Brasilië, Borussia Dortmund van Duitsland en Ulsan HD van Suid-Korea.