Skip to content

Tennis: Alcaraz onttrek aan Madridse Ope as gevolg van besering

# Tennis: Die eerste-gekeurde Carlos Alcaraz het aan die Madridse Ope onttrek weens ’n besering wat hy verlede naweek in die eindstryd van die Barcelona Ope opgedoen het. Die Spanjaard sou môre sy eerste wedstryd in sy tuistoernooi speel. Die tweemalige kampioen sê hy en sy span het besluit om nie kanse te vat nie, en hy hoop om binnekort terug te wees. Die heersende Franse Ope-kampioen het sy eerste kleibaan-toernooi van die seisoen, die Monte-Carlo-meesters, gewen voordat hy teen Holger Rune van Denemarke verloor het in Barcelona.