Skip to content

Ramaphosa beraadslaag oor vier kandidate vir pos van adjunk-hoofregter

# President Cyril Ramaphosa voer samesprekings oor die aanstelling van ʼn adjunkhoofregter met die Regterlike Dienskommissie en leiers van politieke partye wat in die Nasionale Vergadering verteenwoordig word. Die posisie is sedert 1 September 2024 vakant toe adjunkhoofregter Mandisa Maya as hoofregter aangestel is. Die kandidate is Gauteng se regterpresident, Dunstan Mlambo, die Appèlhof-president, Mahube Molemela, die Vrystaatse regterpresident, Cagney Musi, en die Noord-Kaapse regterpresident, Pule Tlaletsi.