# Die hooggeregshof in Pretoria het die stad Tshwane beveel om nie langer die die krag na die uitvoerende hoof van die Padongelukkefonds, Collins Letsoalo, se huis te sny nie. Dit spruit uit ‘n betwiste rekening van 800-duisend-rand wat terugdateer na 2015. Letsoalo beweer hy het weens faktuurfoute en die afwesigheid van state maandeliks op grond van skattings betalings gemaak. Volgens hom was die rekening waarvoor hy die staat ontvang het ook nie syne nie. Regter Nomsa Khumalo het die metro beveel om binne 30 dae ‘n oplossing te vind en Letsoalo se regskoste te betaal.
Hof verbied Tshwane om krag na POF-hoof te sny oor betwiste rekening