Skip to content

ANC in Gauteng vra deeglike ondersoek na brande by Tembisa-hospitaal

# Die ANC in Gauteng het kommer uitgespreek nadat nog ʼn brand gister by die Tembisa Provinsiale Tersiêre Hospitaal uitgebreek het, dié keer in die afdeling vir buitepasiënte. Dit volg nadat die hospitaal se pas opgeknapte ongevalle- en noodeenheid Saterdag in vlamme opgegaan het. Die hospitaal bly ʼn misdaadtoneel terwyl forensiese spanne deur die puin werk om die oorsake van die twee afsonderlike brande te bepaal. Die ANC sê al die betrokke owerhede en instellings moet onverwyld deeglik ondersoek instel na die klaarblyklike patrone waarvolgens hierdie brande uitbreek.