Skip to content

Sokker: Sundowns speel môreaand teen Al Ahly van Egipte in Kaïro

# Sokker: Mamelodi Sundowns kom môre in Kaïro teen die Egiptiese span Al Ahly te staan in die tweede wedstryd van hul CAF Kampioeneliga-halfeindstryd. Die eerste wedstryd in Pretoria het sonder doelle gelykop geëindig. Sundowns se hoofafrigter, Miguel Cardoso, sê hulle behoort in staat te wees om te wen ondanks die moelike omstandighede. Die tuisspan se hoofafrigter, Marcel Koller, glo sy span kan die taak in die Egiptiese hoofstad afhandel nadat hulle Downs nie toegelaat het om die wedstryd op Loftus te beheer nie.